De Bruyn gesels oor opkomende reeks teen Uganda

Krieket liefhebbers kan uitsien na ‘n opwindende reeks tussen die Richelieu Eagles en die Cranes van Uganda wat volgende week Woensdag op die United sportgronde in die hoofstad afskop. Die reeks van vier T20 en twee eendagwedstryde vorm deel van die Castle Lite T20 reeks en het ‘n jaarlikse instelling geword. Hoofafrigter Pierre de Bruyn, sê die Eagles wil hul T20-spel ontwikkel en ’n ware krag in T20-krieket word.