DBV loods nuwe, kreatiewe veldtog

Die Dierebeskermingsvereniging in Windhoek het onlangs ’n nuwe inisiatief genaamd “Pay-It-Forward” aangekondig, waar ’n skenker ’n koopbewys aanskaf wat die DBV aan ’n dier in nood sal opdra. In ruil daarvoor sal die skenker ‘n foto en opdatering ontvang van die spesifieke dier wat hulle kon help. Dit kan ook ‘n perfekte verjaardag- of Kersgeskenk aan vriende of familie wees. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die DBV se direkteur, Hanna Rhodin…