DBV konfiskeer vier mishandelde saalperde  

Die Kaap die Goeie Hoop DBV het beslag gelê op vier saalperde wat onderwerp is aan wrede oefen-metodes in Grassypark. Die eienaar is aangekla van dieremishandeling en aanranding omdat hy ‘n inspekteur met die vuis geslaan het. Die perde het net toegang tot vuil drinkwater gehad, en die lewensomstandighede was onhigiënies. Die hoof-inspekteur, Jaco Pieterse, sê die oefen-tegniek is ontsettend wreed want dit behels die gedwonge, aggressiewe uitermate buiging van die perd se nek.