DBV herdenk Vrydag sy 75ste bestaansjaar
Die Dierebeskermingsvereniging in Windhoek vier môreaand sy 75ste bestaansjaar met ‘n fondsinsamelingsgeleentheid, “Animals by Night” by The Village Garden. Die geleentheid sluit optredes deur Riaan Smit en Savannah Collins in, sowel as kunsvertonings, ‘n stilveiling, kosstalletjies en ‘n kontantkroeg. Kaartjies kos 200 Namibiese dollar, met vroeg-bespreekte kaartjies teen 150 dollar. Die geleentheid het ten doel om die DBV se dierewelsynswerk te ondersteun en beloof ‘n aand van groot pret. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die DBV se direkteur, Hanna Rhodin.