DBV gesels oor die jaar wat was, en wat voorlê

Die Dierebeskermingsvereniging van Namibië bestaan uit sy Windhoek-skuiling asook sewe ander takke regoor die land. Die DBV speel ‘n deurslaggewende rol in die redding en bystand van diere wat verwaarloos, weggegooi en mishandel word. Hulle word hoofsaaklik gefinansier deur skenkings van die publiek en besighede, maar sien uit daarna om volgende jaar nog meer vir diere te doen. Kosmos 94.1 Nuus het met Hanna Rhodin, die direkteur van die DBV, gesels.