DBN verskaf klimaatsfinansiering

Die Ontwikkelingsbank van Namibië sal finansiering verskaf aan Namibië om by klimaatsverandering aan te pas. Alhoewel klimaatsverandering uitdagings inhou, is daar ook geleenthede vir versagting en ontwikkeling van klimaat-aanpasbare inisiatiewe en ondernemings vir die toekoms. Die bank sal onder meer finansiering verskaf vir sonkragstelsels, water-opvang- en -berging, hittebestande bou- en behuisingsprojekte en openbare vervoer. Enige projek wat sal help om by klimaatsverandering aan te pas, sal deur die bank oorweeg word, sê die uitvoerende hoof Martin Inkumbi, aan Kosmos 94.1 Nuus.