DBN reageer op Amupanda se aantygings oor Itah

Die leier van die Affirmative Repositioning-beweging Job Amupanda maak weer verskeie aantygings op sosiale media oor wat hy beskryf as voordelige behandeling van die hoëronderwysminister Itah Kandjii-Murangi deur die Ontwikkelingsbank. Die bank het in 2019, net meer as 3,6 miljoen dollar by haar, haar man en Namibia Impact College geëis. Die saak is nie verdedig nie en die hof het beveel dat twee eiendomme verkoop word om die skuld te delg. Volgens Amupanda het sy afslag gekry op haar uitstaande rente en meer maar daar is niks in die stukke wat dit aandui nie. Die uitvoerende hoof van die bank, Martin Inkumbi het sy reaksie so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.