Day vat eerste PGA-titel in vyf jaar
Die Australiër Jason Day het die AT&T Byron Nelson in Texas gewen. Dit is sy eerste PGA-toertitel in vyf jaar. Die 35-jarige speler het die laaste ronde op 62 nege-onder klaargemaak. Sy algehele telling was 23-onder, een hou voor Kim Si-woo van Suid-Korea en die Amerikaner Austin Eckroat. Dit is die voormalige wêreld nommer-een se 13de PGA-toertitel. Day sê hy het die sport amper laat vaar omdat hy die afgelope jare op persoonlike en beroepsvlak gesukkel het: