Davos sal balanseertoertjie vereis

Met die Wêreld Ekonomiese Forum wat in Davos, Switserland gehou word, te midde van wêreldwye spanning, verwag ekonome ‘n delikate balanseertoertjie. Die 54ste konferensie word bygewoon deur politieke leiers, sakeleiers en groot maatskappye om die mees knellende wêreldwye vraagstukkeaan te spreek, teen die agtergrond van ‘n ingewikkelde ekonomiese en geo-politieke landskap. Die buurland se ekonoom, Isaac Matshego, benadruk die rol van die WEF om gesprekke aan die gang te sit en samewerking tussen die Weste en ontwikkelende ekonomieë ‘n hupstoot te gee. Hy sien ook ‘n geleentheid vir lande met gevorderde ekonomieë om te herkalibreer.