Davis-beker uitklopfase moet aangepas word – Djokovic

Die 24-malige Grand Slam-kampioen, Novak Djokovic van Serwië, sê die Davisbeker-uitklopfase moet verander. Die kompetisie is gewoonlik in ʼn tuis-en-weg-formaat gespeel, maar sedert dit in 2019 verander is, word die laaste stadiums van die toernooi altyd in Spaanse stede beslis. Serwië wat vandag in die kwarteindronde in Malaga, Spanje, teen Brittanje speel, het in 2018 laas ʼn Davisbeker-eindstryd op tuisgrond gespeel. Djokovic sê dis te veel vir een nasie om vier jaar lank gasheer speel vir die laaste agt lande: