Davids, Van Wyk in Blitsbok-groep vir Monaco

Rugby: Zain Davids en Shilton van Wyk keer terug na die Springbok Sewesgroep wat volgende naweek deelneem aan die Wêreld Rugbysewes Repechage in Monaco. Suid-Afrika speel teen Meksiko, Tonga en Chili in die groepfases van die toernooi waar die wenner sal kwalifiseer vir die Rugby Sewestoernooi by die Olimpiese Spele in Parys. Die groep vir Monaco is net twaalf spelers, en nie die gewone 13 nie. Die afrigter Philip Snyman sê hulle vertrek môre na Monaco gefokus op die taak wat voorlê.