Davids herverkies as SA Rugby-unie visepresident

Rugby: Francois Davids is by die Jaarvergadering van Suid-Afrikaanse Rugby-unie in Kaapstad herverkies as visepresident. Hy sal ‘n termyn van vier jaar dien. Davids is teengestaan deur die voormalige president van die Vrystaatse Rugby-unie, Jerry Segwaba. Twee poste in die Uitvoerende Raad is ook betwis. Jannie Louw is vir ‘n tweede termyn herkies en advokaat Willie Small is tot nuwe lid vir ‘n termyn van vier jaar verkies.