Dausab gesels oor diskriminasie, uitsluiting terwyl dit plaaslik woed

Terwyl dit in Namibië woed oor gay-regte en -huwelike, het die justisieminister Yvonne Dausab ‘n toespraak by die Pan-Afrika-parlement gelewer oor die rol van die burgerlike samelewing in die bevordering van demokrasie, menseregte, vrede en veiligheid binne die Afrika-unie. Sy het veral die jarelange kwessies van uitsluiting en marginalisering uitgelig. Sy sê ‘n paradigmaskuif in die ondersteunende verhouding tussen die regering en die burgerlike samelewing is nodig. Dausab het Afrika-leiers aangemoedig om oplossings vir die vasteland se probleme te vind, met die klem op die belangrikheid daarvan om ongemaklike vrae te vra om uitdagings soos ongrondwetlike magsoorname, jeugwerkloosheid, uitsluiting, tribalisme, diskriminasie en marginalisering aan te spreek.