Daures, die groen waterstof-dorp, vorder fluks

Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende beampte van die Daures Green Hydrogen Village, Jerome Namaseb gepraat, wat ‘n opdatering gee van hoe die projek vorder. Volgens Namaseb behoort konstruksie van die dorp teen einde Maart gefinaliseer te wees. Die groep is besig om bykomende befondsing te soek vir hul projek om amoniumsulfaat-kunsmis te produseer. Die projek is wel klaar aan die gang en word sover befonds deur die Duitse federale onderwys- en navorsing-ministerie.