Data-swerwingkoste op die agenda
Peya Mushelenga, minister van inligting en kommunikasietegnologie, sal vanaf Woensdag Botswana se kommunikasie-minister, Thulagano Segokgo, plaaslik ontvang. Dit kom na ‘n besoek van Mushelenga aan Botswana, en daar word verwag die twee ministers sal ‘n besluit oor die harmonisering van data-swerwingkoste in die buurlande versterk. Die ministerie se uitvoerende direkteur, Dr Audrin Mathe, deel meer.