Data-lekkasie ontdek by SA-pensioenfonds

Die Pensioenfonds vir Staatsamptenare in Suid-Afrika sê ʼn voorlopige ondersoek het bevind sekere data van die Staatspensioen-administrasie-agentskap is verlede maand deur ʼn losprysware-aanval geraak. Die fonds bestuur die pensioene van ongeveer 1,27 miljoen staatsamptenare en dié van meer as 473 000 pensioenarisse en ander begunstigdes. Die aanval waarvoor die losprysware-groep, LockBit, na bewering aanspreeklikheid aanvaar het, het nie die betaling van pensioene geraak nie. Die fonds sê hy beraadslaag met sy administrateur en Nasionale Tesourie om die uitwerking van die data-lekkasie te bepaal.