Dankie vir N$18 per uur, maar …

Arbeidsminister Utoni Nujoma het onlangs ‘n minimum-loon van 18 Namibiese dollar per uur voorgestel en gesê hy wil die finale besprekings en kabinetsgoedkeuring dringend voltooi om teen die eerste kwartaal van volgende jaar die loon te implementeer. Hy sê vakbonde sal dan beter lone vir hul lede kan beding omdat die 18 dollar as minimumloon ingestel sal word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Mahongora Kavihuha, die sekretaris-generaal van die Namibiese Vakbond-kongres, wat sê hulle verwelkom dit, maar is bekommerd oor hoe dit geïmplementeer gaan word.