Dank ganse CPBN af weens onbevoegdheid: PDM

Die werk van die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië, CPBN, lok gemengde reaksies uit. Sommige mense sê die raad help om die openbare verkrygingstelsel beter te administreer, maar ander sê dat dit meer burokratiese rompslomp skep. Die gesondheidministerie sê ook medisynetekorte by hospitale en klinieke is weens vertragings in tendertoekennings. Die raad sê weer dit het nog altyd regstellende aksies bedink om die ministerie toe te laat om korttermynverkryging te doen, sodat hospitale nie heeltemal sonder voorraad is nie. Die PDM is oortuig daarvan dat die hele raad weens onbevoegdheid afgedank moet word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die PDM se skadu-finansminister, Nico Smit.