Daniel Day Lewis is terug!

Die driemalige Oscar-wenner, Daniel Day-Lewis, het sy aftrede op die lange baan geskuif om die hoofrol te vertolk in sy seun, Ronan Day-Lewis se eerste fliek as regisseur. Hulle het die fliek, Anemone, saam geskryf en beskryf dit as die ontginning van die ingewikkelde verhoudings tussen pa’s, seuns en broers, asook die dinamika van gesinsbande. Die rolverdeling sluit Sean Bean, Samantha Morton en Samuel Bottomley in. Dis Day Lewis se eerste optrede sedert sy 2017-verskyning in Phantom Thread.