Danie Odendaal sterf op 77

Die bekroonde vervaardiger van sepies soos 7de Laan en Egoli: Plek van goud, Danie Odendaal, is oorlede. Berigte uit die buurland lui dat hy Woensdagaand in Langebaan dood is, maar die oorsaak van sy dood is nie bekend nie. Hy was veral bekend vir sy karakter ontwikkeling wat aanklank by gehore gevind het. Sy werk is nie net deur miljoene gekyk nie, maar het ook ‘n platform vir talent, beide voor en agter die skerms, geskep.