Dan Marokane is Solidariteit se keuse vir nuwe De Ruyter

Solidariteit sê sy voorkeurkandidaat as uitvoerende hoof van Eskom is die kragvoorsiener se voormalige bestuurder, Dan Marokane, met ‘n vorige kliëntediensbestuurder, Ayanda Noah, as sy tweede keuse. ’n Uitgelekte kortlys van kandidate is die naweek in die media gepubliseer. Theuns du Buisson van Solidariteit sê die beste uitvoerende hoof vir Eskom is die een wat bereid sal wees om die kragvoorsiener te bestuur sonder om politieke inmenging te duld of die ANC-regering se misdrywe toe te laat: