Damprook: Reeds ‘n uitdaging in skole

Damprook word gekoppel aan chroniese longtoestande en selfs ‘n ernstige siekte bekend as springmielie-long. Omdat damprook ‘n relatief nuwe verskynsel is, is daar leemtes in ons kennis oor die langtermyn-gesondheidseffekte daarvan. Om die rede bepleit gesondheidsorganisasies strenger beleide rondom dampook. Terwyl daar reeds in verskeie lande bepalings is, het Namibië nog nie bygekom nie en damprook word ‘n uitdaging in skole regoor die land. Die pulmonoloog dr. Willie Bruwer het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…