Damprook is dalk nie alternatief vir tabakfirmas nie

Groot tabakfirmas wat na nuwe nikotienprodukte oorskakel, insluitend Philip Morris International en British American Tobacco het die meeste om te verloor as alternatiewe tabak aand dieselfde reëls onderhewig gemaak word as sigarette. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het regerings aangemoedig om beheermaatreëls op damprook toe te pas, en sê dat nuwe gebruikers aan nikotien verslaaf raak. Dit kan probleme veroorsaak vir tabakmaatskappye wat alternatiewe nikotienprodukte ontwikkel, aangesien strenger beperkings en toenemende bewustheid van gesondheidsrisiko’s hul sigaretondernemings knou.