Damme vertoon uiters swak

Die sentrale gebied het 12,2 persent waterbronne oor. Luidens die jongste dambulletin, is Swakoppoort 13,9 persent vol met Von Bach op 4,9 persent, amper dooie kapasiteit. Die dam het water van die Berg Aukas-kompleks en Swakoppoort ontvang. In Gobabis is daar 1,5 persent bronne oor met Otjivero op 2,4 persent, Tilda Viljoen op 2,6 persent en Daan Viljoen op 6,8. In die Suide is Hardap 7,2 persent vol met 682 000 kubieke meter wat die week onttrek is. Neckartal is 79,6 persent vol en ‘n miljoen kubiek is uitgetap vir die boere onder die damwal. Naute het 37,6 persent en Oanob by Rehoboth, 35,2 persent water.