Damme vertoon nog swakker

Die jongste dambulletin van NamWater is bekend. Die vlakke lyk uiters sleg. In die sentrale gebied is bronne op 30,2 persent met Swakoppoort wat tans op 58,6 persent staan. Daar is 520 000 kubieke meter uit die dam in die afgelope week gepomp. Von Bach se vlakke daal steeds met 145 000 kubieke meter wat onttrek is. Die dam is op 19,8 persent. Omatako is leeg. Bronne vir Gobabis is op 6,4 persent met Otjivero op 8,4 persent en die twee Viljoen-damme wat saam op 38,8 persent staan. Die Suide vertoon nie beter nie. Hardap is op 30,7 persent met 1,6 miljoen kubieke meter water wat deur die groenskema in die afgelope week onttrek is. Naute by Keetmanshoop is op 56,9 persent en Oanob is op 54,1 persent. In die Noorde is 522 000 kubieke meter water oorgedra na die Olushandja-dam wat die vlakke op 40,7 persent bring.