Damme vertoon al swakker, kommer oor wat kom

Die stand van Namibië se damme vertoon al hoe slegter. In die sentrale gebied is daar in sewe dae, 785 000 kubieke meter water uit die drie damme onttrek met Von Bach wat op 26,2 persent staan en Swakoppoort op 71,6 persent. Omatako het geen water nie en die totale bronne vir die sentrale gebied is tans op 37,5 persent. In die Ooste vertoon dit nog swakker met Otjivero op 11 persent. Saam met die twee Viljoen-damme is bronne vir die Ooste op 8,9 persent. Die Suide se damme, veral Hardap wek ook kommer. Die dam is tans op 38,5 persent met 856 000 kubieke meter water wat in ‘n week onttrek is. Naute by Keetmanshoop is op 64,4 persent en Oanob by Rehoboth is op 60,2 persent. Neckartal, wat onbenut lê, is op 92,4 persent. Daar is nog geen waterbeperkings deur plaaslike owerhede ingestel nie en die voorspelling vir El Nino en dus ‘n droë jaar is steeds in plek.