Damme vertoon al slegter
Die sentrale damme se bronne staan op 11,4 persent na oordrag gedoen is van die Berg Aukas-kompleks en Swakoppoort na Von Bach toe. Die dam is tans 9,8 persent vol met Swakoppoort op 20,5 persent. In die ooste lyk dinge bedroef met bronne op 1,3 persent. Otjiverodam is 2,1 persent vol. Hardapdam by Mariental het in die afgelope week 917 000 kubieke meter water verloor en staan tans op 6,3 persent. Verliese sal nou verminder met die dam wat gesluit is vir besproeiing. Neckartal is 78,9 persent vol en meer as 2 miljoen kubiek is uitgepomp in die afgelope week. Naute by Keetmanshoop het 35,7 persent water en Oanob by Rehoboth is 34,1 persent vol.