Damme versleg verder, groot hoeveelhede uit Hardap onttrek

NamWater se jongste dambulletin toon dat Von Bachdam invloei van 51 000 kubieke meter water gehad het en nou op 10,7 persent staan. Water is ook van Berg Aukas sowel as Swakoppoort gedoen. Laasgenoemde dam is op 18,6 persent en dus is sentrale bronne op 10,9 persent. In die Suide is daar ‘n verbysterende 444 000 kubieke meter water by Hardapdam onttrek wat die dam op 6,1 persent te staan bring. Naute by Keetmanshoop is op 33,8 persent en Neckartal op 78,1 persent. Meer as 2 miljoen kubiek is vrygelaat in die afgelope week vir boere onder die damwal. By Rehoboth is Oanob 32,9 persent vol. Die Ooste is in die moelikheid met Otjivero wat 2 persent water het en so ook Tilda Viljoen met Daan Viljoen op 5,7 persent. Bronne staan op 1,3 persent.