Damme is baie leeg en Ooste in die knyp

Volgens NamWater se nuutste dambulletin was daar op 8 Januarie net 23,1 persent waterbronne in die drie sentrale damme wat onder meer Windhoek voorsien oor. Von Bach was op 13,3 persent na water van Swakoppoort, wat op 46,1 persent staan, oorgedra is. Omatako is dolleeg. In die Suide is Hardap op 18,9 persent met meer as 2,6 miljoen kubieke meter wat in die afgelope week benut is vir die groenskema. Naute by Keetmanshoop is op 45,3 persent en die Oanobdam by Rehoboth het 46,9 persent water. Die Ooste se totale bronne is op 3,9 persent met die Otjiverodam op 5,4 persent. Die twee Viljoendamme by Gobabis is op 16,7 en 3,7 persent. Water word nog steeds in die Olushandjadam in die Noorde gepomp en op die oomblik is hy op 42,2 persent.