Damme begin bodem sien

Volgens NamWater se weeklikse dambulletin is daar net 26 persent waterbronne in die drie sentrale damme wat onder meer Windhoek voorsien oor. Von Bach is op 16,4 persent na water van Swakoppoort, wat op 51 persent staan, oorgedra is. Omatako is steeds leeg. In die Suide is Hardap op 23,5 persent met 1,1 miljoen kubieke meter wat in die afgelope week dae benut is vir die groenskema. Naute by Keetmanshoop is op 50,7 persent en die Oanobdam by Rehoboth het 49,9 persent water. Die Ooste se totale bronne is op 4,8 persent met die Otjiverodam op 6,4 persent. Die twee Viljoendamme by Gobabis is op 22,7 en 3,6 persent. Water word nog steeds in die Olushandjadam in die Noorde gepomp en op die oomblik is hy op 34,1 persent.