Damaskus is vry – Siriese rebelle

Rebellemagte in Damaskus het Sirië se hoofstad vry verklaar van die lankregerende Bashar al-Assad, terwyl regeringmagte onttrek. Assad was byna 25 jaar aan bewind en het per vliegtuig gevlug na ‘n onbekende plek. Ongeverifieerde video’s op sosiale media toon duisende gevangenes wat bevry word uit die berugte Saydnaya-tronk, waar Assad se teenstanders gemartel en tereggestel is. Die eerste minister van Sirië, Mohammed al-Jalali, sê hy is gewillig om saam te werk met enige leierskap wat deur die land se burgers gekies word, om ‘n gladder magsoordrag te verseker.