Dam in Oekraïne opgeblaas, Rusland sê dis terrorisme

Die president van Oekraïne, Volodymyr Zelensky, gaan ‘n noodvergadering met sy nasionale Veiligheids- en Verdedigingsraad hou. Dit volg nadat ‘n dam in die Russiesbeheerde gebied in die suide van Oekraïne in bomaanvalle beskadig is en tot oorstromings gelei het. Die land se ministerie van Binnelandse Sake het ‘n beroep gedoen op inwoners van tien dorpe aan die regter-oewer van die Dnipro-rivier en dele van die stad Kherson, om elektriese toestelle af te skakel en hul noodsaaklike dokumente en troetediere te neem om die gebied te ontruim. ‘n Senior Russies-aangestelde amptenaar sê die dam se vernietiging is ‘n ernstige terroriste-aanval. Afgetrede Britse generaal-majoor Rupert Jones sê die impak hiervan is verreikend.