Dallas open T20-Wêreldbeker, Barbados sluit hom af

Die openingswedstryd van die T20-Wêreldbekereindstryd sal in Dallas, Texas, beslis word en die eindstryd by die Kensington Oval in Barbados, volgens ‘n aankondiging gister deur die organiseerders. Amerika en die Wes-Indiese Eilande bied die uitgebreide toernooi van 20-spanne gesamentlik aan, wat op 1 Junie in Dallas begin. Amerika speel dan teen Kanada en dit is albei spanne se eerste deelname aan die T20-Wêreldbeker. Namibië se Richelieu Eagles speel hul eerste wedstryd van die toernooi op 2 Junie teen Oman.