Dali Mpofu gaan nie meer geskorste Openbare Beskermer verdedig
Die geskorste Openbare Beskermer in die buurland, Busisiwe Mkhwebane, se prokureur, Dali Mpofu, sê hy gaan haar nie langer verteenwoordig nie. Mpofu sê sy besluit volg nadat die Openbare Beskermer se kantoor aangedui het dat hy nie meer Mkhwebane se regskoste gaan dra vir die parlementêre ondersoek oor haar ampsbevoegdheid nie. Mpofu beskryf die besluit oor die opskorting van haar befondsing egter as ‘n veldtog om haar te viktimiseer. Hy sê omdat hy Mkhwebane nie meer gaan verteenwoordig nie, het hy intussen ander opdragte aanvaar en sal hy by die Thabo Bester-saak betrokke wees.