Dalende inkomste by Padfonds-administrasie wek kommer

Die Padfonds-administrasie het sy kommer uitgespreek oor die toenemende uitdagings wat sy inkomste raak. Die administrasie maak staat op die brandstofheffing wat in die vorige boekjaar 55 persent van sy inkomste beslaan het. Met tegnologie wat brandstofverbruik al hoe meer doeltreffend maak, sowel as elektriese voertuie wat in die nabye toekoms ‘n daadwerklike realiteit in die land sal word, moet die administrasie nuwe bronne van inkomste ondersoek. Die uitvoerende hoof, Ali Ipinge het vroeër aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat tolhekke steeds bespreek word.