Dalebrook-getypoel in Kaapstad is nie besoedel nie

Die Stad Kaapstad se Kusbestuurs-afdeling verseker inwoners die Dalebrook-getypoel in Kalkbaai is nie besoedel nie. Daar het oor die naweek ‘n kortstondige stortvloed plaasgevind by die Dalebrook Pompstasie as gevolg van ‘n elektriese onderbreking, wat gelei het tot afvalwater wat deur die stormwater-drein in die see afgevoer is. Waarskuwingstekens vir besoedeling is as ‘n voorsorgmaatreël geplaas. Die stad se woordvoerder, Gregg Oelofse, bevestig die watermonsters wat hierdie week uit die getypoel geneem is, is skoon.