Dakar skop vandag af, 7 891km lê voor

Die 46ste uitgawe van die Dakar begin vandag in Saoedi-Arabië en duur tot 19 Januarie met amper 7 891 kilometer wat voltooi moet word. Kenners sê die Dakar, as ‘n vorm van motorsport, is soos ‘n ultra-marathon teenoor 100 meter naelloop. ‘n Totaal van 418 inskrywings is vir vanjaar ontvang en motorfieste, vierwiel-motorfietse, T1 en T2 voertuie, liggewig voertuie en vragmotors neem aan die tydren deel, wat ‘n hoogtepunt op die motorsport kalender is. ‘n Totaal van 36 lande word verteenwoordig. Die ikoniese tydren bestaan uit ‘n tydtoets en 12 skofte. Suid-Afrika word verteenwoordig deur bestuurders soos Giniel de Villiers, Dennis Murphy, Gareth Woolridge, Boyd Dreyer, Guy Botterill, Brett Cummings, Hennie de Klerk, Juan Mohr en Saood Variawa.