Dakar: Branch van Botswana loop voor op sy motorfiets na derde dag

Motorfietsryer Ross Branch van Botswana en onder die vaandel van die Hero Motosports Team Rally loop voor na die voltooiing van die derde dag. ‘n Totaal van 733 kilometer moes afgelê word met 438 kilometer se sneltrajek wat Branch in 14 ure, 32 minute en 51 sekondes afgelê het. Hy sê dit was ‘n vreemde dag.