Dagsorgwerker tronk toe na baba, 9 maande oud, dood is

‘n Werker by ‘n Britse dagsorgskool is ‘n vonnis van 14 jaar opgelê na die dood van ‘n nege maande oue baba. Kate Roughley is skuldig bevind aan manslag nadat sy in Mei 2022 Genevieve Meehan op haar magie op ‘n bonesak vasgegespe het en haar 90 minute lank daar gelos het. Die baba het versmoor. Die regter sê dit is duidelik Roughley het die dogtetjie as ‘n oorlas beskou, en haar optrede was sonder sorg, goedhartigheid of kommer oor haar welstand. Die voorval is op kringtelevisie vasgelê en in die hof gewys.