Dagga-verdagte vra vandag formeel vir borg

Die saak van die vier verdagtes wat op 18 Februarie betrap is by ‘n padblokkade in die hoofstad met dagga ter waarde van meer as 420 000 Namibiese dollar, sal weer vandag in die Katutura-landdroshof voorkom vir ‘n borgaansoek deur een van die verdagtes Jacques Kondo. Die ander drie, Heinrich Magiedt, Kevin Shibaku, en Gabriela de Waal het reeds borg ontvang. Landdros Niinja Hochobes het borg aan Kondo geweier omdat hy ‘n soortgelyke klag teen hom op Rehoboth het. Hy sal vandag ‘n formele aansoek bring. Die vier se regsverteenwoordiger, Winnie Christiaans het met hul eerste verskyning in die hof die hoeveelheid dwelms, wat die staat op net minder as 9 kilogram beaam, bevraagteken. Daardie saak kom weer op 20 April voor.