Dagga, ivoor onder beslagleggings die naweek 

Die Namibiese polisie het in die vroeë oggendure van Saterdag by die padblokkade tussen Windhoek en Okahandja groot sukses behaal toe amper 5 kilogram dagga gevind is. Drie mans, 22, 24, en 43 jaar oud is agter tralies toe 247 500 Namibiese dollar se skunk-dagga in ‘n voertuig gevind is. ‘n Ondersoek is gelas maar geen kennisgewing van ‘n hofverskyning is bekend nie. Verder Noord en die polisie in die Zambezi-streek het ‘n 45-jarige Zambiër gearresteer. Hy is gevind in besit van ses olifanttande wat in 12 stukke gesny is. Die waarde is nog nie bepaal nie en hy sal vandag in die hof op Katima Mulilo verskyn.