Dagga-4 se saak tot April uitgestel

Die saak van die vier verdagtes wat Vrydagnag betrap is by ‘n padblokkade in die hoofstad met dagga ter waarde van meer as 420 000 Namibiese dollar, is in die Windhoek-landdroshof tot 20 April uitgestel. Die vier is Heinrich Magiedt, Kevin Shibaku, Gabriela de Waal en Jacques Kondo. Almal behalwe Kondo is borg van 8 000 dollar toegestaan deur landdros Niinja Hochobes. Kondo het ‘n soortgelyke klag teen hom op Rehoboth en dus is borg geweier. Hy sal moontlik op 24 Maart ‘n formele aansoek bring. Hul regsverteenwoordiger, Winnie Christiaans het in die hof die hoeveelheid dwelms, wat die staat op net minder as 9 kilogram beaam, bevraagteken.