Dagestan loop deur onder IS-aanvalle 

Minstens 15 polisiebeamptes is in verskeie skietvoorvalle in Dagestan, Rusland, dood toe gewapende mans op ‘n sinagoge en ‘n Ortodokse kerk in Derbent losgebrand het. Hulle het ook ‘n op ‘n verkeerspolisie-pos in Makhachkala geskiet. ‘n Nasionale wag en twee burgers is ook dood, een glo ‘n priester. Vyf-en-twintig mense is beseer. Volgens Russiese nuusagentskappe is vyf van die gewapende mans doodgeskiet. Niemand het nog verantwoordelikheid vir die aanvalle aanvaar nie, en Rusland se nasionale teen-terrorismekomitee blameer dit op terrorisme.