Dag vyf van die Dakar was ‘n tameletjie

Dag vyf van die Dakar was ‘n tameletjie. ‘n Afstand van 526 kilometer moes afgelê word en dan, daarna 118 kilometer se sneltrajek wat uitsluitlik uit duine bestaan het. Dit was nie ‘n goeie dag Lucas Moraes en Armand Monleón van Toyota Gazoo Racing nie. Hulle het teruggesak van algeheel vierde plek tot tiende. Moraes verduidelik aan Wiele2Wiele wat die probleem was.