Daar’s vier dae se bloedvoorrade oor

Die Bloedoortappingsdiens ervaar tans ‘n kritieke tekort aan bloed. Die diens sê daar is ‘n beduidende toename in bloedoortappings vir pasiënte sedert die begin van September waargeneem, tesame met lae inname by verskeie bloedskenkings oor die voorafgaande twee maande. Die reserwes het tot vier dae se bloedvoorraad gedaal, met O-positiewe en O-negatiewe bloedgroepe wat die meeste geraak word. Kosmos 94.1 Nuus het met Titus Shivute, woordvoerder van diens gepraat.