Daar’s teenstand teen maatreëls vir dissipline in Tshwane-polisie
Die Stad Tshwane sê hy is diep bekommerd oor aanduidings van aktiewe teenstand teen maatreëls wat ingestel word om dissipline, beheer en etiek weer by die metropolisie te vestig. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsveiligheid, Grandi Theunissen, sê as gevolg van vele klagtes deur inwoners wat slagoffers was van misdadige elemente in die Tshwane-metropolisiedepartement, het die waarnemende hoof, Basil Nkhwashu, verskeie riglyne en ander interne maatreëls ingestel: