Daar’s reën in die Noorde en goeie nuus vir Ruacana

Volgens die jongste vloedbulletin van die Namibiese Hidrologiese diens styg die Okavangorivier steeds geleidelik met ‘n vlak van 5,24 meter wat by Rundu gemeet is met vloei 233 kubieke meter per sekonde. Die vloei van die Kunenerivier by die Ruacana-hidroëlektriese-aanleg het ook ‘n aansienlike toename aangeteken van 91,9 kubieke meter per sekonde tot 101,5 kubieke meter per sekonde. Dit is uiters goeie nuus vir kragopwekking in die land en volgens weerkenners word nog reën in die gebied voorspel. Odilo Kgobetsi, die hooftegnikus by die diens sê aan Kosmos 94.1 Nuus reën word oor die Noorde verwag.