Daar’s nog geen cholera in Namibië nie

Die gesondheidsministerie sê daar is geen rede tot kommer oor cholera nie omdat daar nog nie een geval aangekondig is nie. Die land het in 2014 laas ‘n uitbreking gehad met gevalle in Kunene en Khomas. Volgens Walters Kamaya, ministeriële woordvoerder, is hulle in noue kontak met veral hulle Zambiese eweknieë. Daar is tans 13 000 gevalle in Zambië aangeteken met meer as 20 000 in Zimbabwe. Die grense word noukeurige gemonitor. Kamaya sê lede van die publiek moet voorsorg maatreëls tref en die hoogste higiëniese standaarde moontlik handhaaf.