Daar’s nie veel om oor te juig in die verhoging van toelae nie

Die deurwinterde maatskaplike aktivis Rosa Namises stem saam met ‘n PDM-parlementslid, Yvette Araes, wat sê bejaardes en persone met gestremdhede in Namibië word nie as prioriteite in Namibië erken nie. Araes het in die Nasionale Vergadering tydens die begrotingsdebat gesê die pensioentoelae se verhoging van 100 Namibiese dollar per maand is net ‘n druppel in die emmer. Araes sê maatskaplike toelaes dien as ‘n strategie vir die uitwissing van armoede in baie arm huishoudings in Namibië, met pensioenarisse wat dikwels aan die hoof van huishoudings staan. Aktivis, Rosa Namises sê aan Kosmos 94.1 Nuus pensioenarisse moet dubbel die toelaag ontvang.