Daar’s nie erge koue op pad soos op video op sosiale media nie

Die Suid-Afrikaanse weerkenner Johan van den Berg sê die video wat op sosiale media sirkuleer oor koue lug van Antarktika is verkeerd. Inteendeel, volgens Van den Berg sal warm toestande vir die volgende drie weke nog voorkom.